Resepteboek

VLEISGEREGTE EN EIERS

BOBOTI

1½ kg Maalvleis
2 Uie, geskil en gekap
1 Sny witbrood
1 Koppie melk
1 Eier
1 Eetlepel kerriepoeier
2 Eetlepels suiker
2 Teelepels sout
½ Eetlepel borrie
2 Eetlepels asyn
4 Eetlepels blatjang
Rosyne

Metode
  1. Braai die uie en vleis in 50 ml olie tot gaar. Roer kort-kort. Vleis moet lekker los wees en ligbruin van kleur.
  2. Gebruik die liter beker:
    • Breek die brood in fyn stukkies en gooi melk oor.
    • Meng die res van die bestandele (rosyne, kerriepoeier, blatjang, asyn, borrie, suiker en eier) saam met die broodmengsel en gooi oor die vleis.
  3. Meng deeglik en braai totdat eier gaar is (roer gedurig sodat vleis nie aanbrand nie).
  4. Bedien saam met geelrosyntjierys.

Chinese RoErbraai

1½ kg Maalvleis
6 Wortels, gewas en grof gerasper
2 Uie, geskil en fyn gekap
4 Aartappels, geskil en grof gerasper
3 Tamaties, gewas en in blokkies gesny
1 blik Heelpit mielies
1 teelepel (5 ml) Sout
¼ teelepel Peper
Speserymengsel

1. Meng al die bestandele, behalwe die mielies en tamaties.
2. Braai dit bo-op die stoofplaat (sorg dat die stoofplaat skoon is) in ’n bietjie olie.
3. Braai totdat dit gaar is, en voeg dan die tamaties by en braai vir nog 5 minute.
4. Roer net voor bediening die blikkie mielies en die speserymengsel by en roer goed deur.
5. Bedien die roerbraai op die warm rys.

Hamburgers

50 ml Kookolie
Hamburger “patty”
1 liter Water
2 eetlepels Sout
Margarien
Tamaties

1. Braai die “patties” in ongeveer 50 ml olie totdat dit gaar is.
2. Spoel die slaaiblare en tamaties deeglik af in koue sout water (1 liter water en 2 eetlepels sout).
3. Smeer broodjies met margarien.
4. Sny tamaties in skywe.
5. Dreineer die slaaiblare.
6. Pak die tamatie, droë slaaiblare en vleis bo-op die broodjie.
7. Alternatief: Pak die hamburger bestandele netjies uit op ‘n bord sodat die gaste self kan kies wat hulle wil hê.
8. Bedien met tamatiesous.

Hoenderpotjie

14-18 Hoenderdye
2 Uie, geskil en fyn gekap
50 ml Kookolie
2 koppies (500 ml) Kookwater
8 Wortels, gewas en in repies gesny
6 Aartappels, geskil en in blokkies gesny
½ pak Spaghetti in klein stukkies gebreek
Murgpampoentjies, gewas en in kwarte gesny
1 pakkie Soppoeier
1 blik Heelpit mielies (dreineer water en hou om die soppoeier aan te maak)
1 teelepel Sout
¼ teelepel Peper
Speseryemengsel

1. Gebruik die driepootpot. Trek met die hand die velle van die hoender af. Braai die uie en hoenderdye in 50ml olie tot ligbruin.
2 Gooi 2 koppies kookwater in potjie. Sit deksel op en laat prut vir 1 uur.
3. Gooi gesnyde groente (aartappels en wortels) in lae bo-op. Sit deksel op en laat verder kook vir 20 minute. Gooi nou murgpampoentjies (in stukke gesny) en gebreekte spaghetti bo-op. Kook vir nog 15 minute tot hoender gaar en groente sag is. Indien nodig kan klein bietjie water bygevoeg word.
4. Meng die soppoeier, peper en sout met die water wat van die mielies afgegooi is en gooi soppoeier, speserymengsel en mielies in die potjie.
5. Kook tot sous dik is vir ongeveer 10 minute.

MAALVLEIsPOTJIE

1½ kg Maalvleis
2 uie, Geskil en gekap
50 ml Kookoloie
1 koppie (250 ml) Kookwater
1 koppie (250 ml) Kraanwater
½ pak Spaghetti in klein stukkies gebreek
6 Wortels, gewas en in repies gesny
6 Aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 pakkie Uiesop
¼ teelepel Peper
1 teelepel (5ml) Sout
Speserymengsel

1. Gebruik die driepootpot. Braai die uie en vleis in 50 ml olie vir 10 minute.
2. Pak die gesnyde groente (wortles, aartappels, ) in lae bo-op die vleis.
3. Gooi 1 koppie kookwater in. Sit die deksel op en kook vir 30 minute.
4. Gooi nou die stukkies spaghetti in. Gooi nou 1 koppie water by. Laat weer kook vir 30 minute.
5. Maak die pakkie soppoeier aan met ’n bietjie koue water en meng saam met die speserymengsel, sout en peper en gooi die mengsel in die potjie.
6. Kook totdat die sous dik is vir ongeveer 10 minute.

ROEREIERS

12 Eiers
1 koppie (250 ml) Melk
1 teelepel (5 ml) Sout

1. Meng eiers met melk en sout.
2. Verhit 20 ml olie in kastrol.
3. Gooi eiers in kastrol, roer gedurig en maak gaar to eierwit gestol het.

Groente en Slaaie

Appel en Piesangslaai

6-8 piesangs
3-4 appels
Mayonnaise en kondensmelk mengsel
1. Sny piesangs in dun skyfies.
2. Sny appel in klein wiggies.
3. Gooi mayonnaise/kondensmelk mengsel bo-oor.

broodslaai

12 snye witbrood
“cocktail” uitjies
Kaas
“Cocktail” komkommertjies
Pynappel stukkies
Mayonnaise en kondensmelk mengsel
Weense worsies

1. Sny brood in klein blokkies (ongeveer 2 cm2) en braai in pan met bietjie olie tot bros en ligbruin. Wees versigtig dat die brood nie brand nie.
2. Gooi brood in slaai bak.
3. Sny die res van die bestandele in klein blokkies en voeg by brood.
4. Net voor ete gooi die mayonnaise en kondensmelk mengsel oor en roer deur.

Mengelslaai

Komkommer
Blaarslaai
Tamatie

1. Sny die komkommer, blaarslaai en tamatie mooi fyn op.
2. Gooi bietjie sout en peper oor.

Pampoen

Pampoen, geskil en in blokkies gesny.
3 eetlepels margarien
125 ml suiker en kaneel. Gebruik die kaneel suiker mengsel wat van pannekoek oorgebly het.

1. Sit pampoen in ’n kastrol en voeg 1 koppie (250ml) water by.
2. Laat dit kook, indien die water weg kook, gooi nog ’n ½ koppie (125 ml) water by.
3. Voeg die margarien, kaneel en suiker by sodra die pampoen gaar is.
4. Meng deeglik en hou warm op plaat, pasop dat dit nie aanbrand nie.

Patats

Patats, geskil en in blokkies gesny
500ml Water
Malvalekkers
3 eetlepels margarien
125 ml suiker

1. Spoel patats af in skoon water en sny in dun skyfies.
2. Sit dit in kastrol en voeg 2 koppies (500ml) water by.
3. Laat dit kook, indien die water weg kook gooi nog ½ koppie (125 ml) water by.
4. Kook tot sag, pasop dat dit nie aanbrand nie.
5. Voeg die margarien en suiker by en roer deeglik.
6. Versier die patats met al die malvalekkers wat uitgedeel is.

Piesangslaai

6-8 Piesangs
Mayonnaise en kondensmelk mengsel

1. Sny piesangs in dun skyfies en gooi mayonnaise/kondensmelk mengsel bo-oor.

Tamatieslaai

6-8 Tamaties

1. Sny in fyn blokkies.
2. Gooi sout en peper oor.

Wortelslaai

6-8 Wortels
Pynappelstukke

3. Skil wortels af en gooi in skoon water.
4. Rasper met fyn kant van rasper.
5. Gooi alles in ‘n slaaibak met bietjie suiker, pynappel stukke en pynappelsap.
6. Meng goed deur.

Stysels

Fraanse Braaibrood

12 Eiers
1½ koppie Melk
1 teelepel Sout
12 snye Brood

1. Meng die eiers, melk en sout in ’n skottel en gooi mengsel in 2 liter roomys bak.
2. Gooi 2 eetlepels olie in die pan en laat goed warm word.
3. Doop vinnig die brood in die eiermengsel (moenie die brood in die mengsel laat lê nie) en braai aan albei kante tot ligbruin.
4. Bietjie olie kan weer bygevoeg word in die pan as dit nodig is.
5. Hou die brood warm in kastrol met deksel en bedien met stroop.

Geelrosyntjierys

2 koppies rys
1 teelepel borrie
1 teelepel sout
Rosyne

1. Kook die rys, borrie en rosyne in 1 liter water tot gaar.
2. Gooi oortollige water indien daar is af, en hou warm eenkant op die plaat.

Macaroni gereg

1 pak macaroni
Rooiworsies
Kaas
Tamaties
1 teelepel (5 ml) Sout
6 koppies (1,5 L) Water
2 eetlepels (15 ml) Olie

1. Kook water en gooi macaroni, sout en olie by.
2. Laat kook vir 20 minute tot sag maar nie pap nie.
3. Gooi macaroni in vergiettes sodat die water dreineer en gooi terug in kastrol.

Witsous
1. Smelt 2 eetlepels margarien in ’n kastrol.
2. Roer 2 hoë eetlepels koekmeel en 1 teelepel sout by.
3. Roer 2 koppies melk, bietjie vir bietjie, by en laat kook.
4. Roer gereeld en kook totdat dit gaar is.
5. Sny die rooiworsies in skywe en roer by macaroni in.
6. Roer die witsous ook daarby.

pannekoek

4 koppies (1 L) Meel
4 teelepels (20 ml) Bakpoeier
4 eetlepels (15 ml) Asyn
4 Eiers, geklits
1 teelepel (5 ml) Sout
Een liter water
250 ml Olie
Kaneelsuiker

1. Meng die droë bestanddele saam.
2. Klits die eiers, water, olie en asyn saam.
3. Voeg eiermengsel by die droë bestanddele en meng deeglik totdat daar geen klonte is nie.
4. Gooi 1 eetlepel olie in die pan en verhit.
5. Gooi ½ koppie deeg in die pan.
6. Bak die pannekoek tot ligbruin aan albei kante.
7. Strooi kaneelsuiker oor.
8. Lewer ongeveer 25 pannekoeke.

PLAATKOEKIES

2 koppies (500 ml) Meel
2 eiers
4 teelepels (20 ml) Bakpoeier
1½ eetlepel Botter (gesmelt)
5 eetlepels Suiker
½ teelepel Sout
1 koppie (250ml) Melk

1. Klits eiers en suiker saam. Voeg net ’n ½ koppie melk en die gesmelte botter by die eier en suiker mengsel.
2. Gooi die meel, bakpoeier en sout by die eiermengsel.
3. Roer die res van die melk geleidelik by om ’n gladde mengsel te kry.
4. Skep lepelsvol op warm plaat (plaat moet skoon wees).
5. Bak aan die eenkant en as dit bo-op vol lugblasies, is draai dan om en bak aan die ander kant tot ligbruin.

potbrood

6 koppies (1 ½ L) Koekmeel
1 pakkie Suurdeeg
2 eetlepels (30 ml) Margarien
2 eetlepels (30 ml) Suiker
1 eetlepel (15 ml) Sout
2 koppies (500 ml) lou warm Water

1. Meng koekmeel, suurdeeg en sout in ’n bak.
2. Meng margarien en suiker met lou warm water in ’n blikbeker.
3. Was hande deeglik – onder die naels ook.
4. Voeg die watermengsel by die meel en knie goed deur.
5. Voeg nog ’n bietjie water by en meng tot sagte kniebare deeg.
6. Knie die deeg deeglik deur en smeer bietjie margarien bo-oor.
7. Bedek met ’n stukkie plastiek, maak dit dig toe en laat dit rys totdat dit dubbel die volume is (ongeveer ’n uur).
8. Knie die deeg nou weer effens af.
9. Plaas dit in ’n driepootpot wat effens warm is.
10. Plaas die deksel op en laat rys dit weer vir ± ’n uur.
11. Plaas kole onder en bo-op die pot, nie te warm maak nie, en bak vir ± ’n uur.

rys

2 koppies (500 ml) Rys
1 teelepel (5 ml) Sout

1. Kook rys en sout in 1 liter water tot gaar.
2. Dreineer die rys in die vergiettes, gooi terug in kastrol en hou rys warm in kastrol.

stampkoring

2 koppies (500 ml) Koring
4 koppies (1 L) water
2 teelepels (10 ml) sout

1. Kook die water in ’n kastrol en gooi die sout by.
2. Gooi die koring by.
3. Kook tot gaar, (± 45 minute).
4. Dreineer oortollige water indien nodig.
5. Hou koring warm in kastrol.

hawermoutpap

4 koppies (1 L) Hawermout
8 koppies (2 L) Water
2 teelepels (10 ml) Sout

1. Kook die water en voeg die sout by.
2. Roer die hawermout by.
3. Kook stadig vir 10 minute, pasop dat dit nie oorkook nie.

KRummelpap

5 koppies (1 ¼ L) Mieliemeel
3 koppies (750 ml) Water
2 teelepels (10 ml) Sout

1. Kook 750 ml water en sout.
2. Gooi die mieliemeel in, moenie roer nie.
3. Plaas die deksel op en kook dit stadig vir 5 minute.
4. Roer nou eers goed deur.
5. Maak ’n holte in die middel en gooi 1 koppie (250 ml) water in.
6. Plaas die deksel op en laat dit kook.
7. Roer so elke 20 minute en gooi elke keer ’n bietjie water by.
8. Kook 1uur lank, moenie laat aanbrand nie.

Slap meiliepap

2 koppies (500 ml) Mieliemeel
10 koppies (2 ½ L) Water
2 teelepels (10 ml) Sout

1. Kook die water en voeg die sout by.
2. Neem ‘n bietjie koue water en meng die meel daarby. Die meel moet goed nat wees. Roer dit in die kook water in.
3. Roer die pap af en toe terwyl dit kook.
4. Laat kook dit vir ±1 uur.
5. Hou dop, dat die pap nie aanbrand nie

Nagereg

bruinpoeding

Sous
2 koppies (500 ml) Kookwater
1 teelepel (5 ml) Vanilla geursel
1 koppie (250 ml) Suiker

1. Meng die bestanddele vir die sous in ’n groot kastrol.
2. Sit deksel op en laat kook apart vir 10 minute.

Deeg
¾ koppie (190 ml) Appelkooskonfyt
2 teelepels (10 ml) Koeksoda
¾ koppie (190 ml) Margarien
¾ koppie (190 ml) Suiker
2 koppies (500 ml) Koekmeel
1 eier
½ koppie (125 ml) Melk

1. Meng die konfyt, koeksoda en margarien in ’n aparte kastrol op die stoof en smelt dit.
2. Haal van die stoof af wanneer dit gesmelt is, voeg die meel en suiker by en roer goed.
3. Voeg nou die melk en eier by en meng dit baie goed saam.
4. Skep lepels vol deeg in die kokende stroop wat jy vooraf gemaak het en kook stadig vir 1 uur lank sonder om te roer.
5. Moenie die stroop oor die deeg gooi nie.
6. Moenie die deksel oplig nie, kyk eers na 30 minute.

Vla

4 koppies (1 L) Melk
4 eetlepels (60 ml) Vlapoeier
4 eetlepels (60 ml) Suiker

1. Kook die melk in ’n kastrol
2. Meng intussen die vlapoeier, suiker en bietjie melk apart tot glade pasta.
3. Roer die mengsel stadig in by die kookmelk en roer tot gaar.

gemmerbier

1 pakkie Suurdeeg
4 liter Water
4 koppies (1 L) Suiker
2 teelepels (10 ml) Gemmer
1 teelepel (5 ml) Kremetart
1 teelepel (5 ml) Wynsteensuur
Rosyne

1. Meng al die bestanddele in ’n emmer en laat staan vir 3 ure.
2. Suig deur ’n doek, en gooi in bottels.
3. Voeg nou die rosyne by.
4. Maak die bottels styf toe en laat staan in ‘n koel plek tot die rosyne bo dryf, ongeveer 12 ure.