Kompetisies

Die kamp is vol kompetisies.  Punte kan verkry word deur die bou en afbreuk van toerusting, Periodes bygewoon, Spesiale kompetisies en selfs met Inspeksies.


Periodes

Tydens periodes word die gees en deelname van die span evalueer, en punte word toegeken.

Die periodes wat aangebied word is: Finansiëlebestuur, Seremonies, Spele, Kamplewe, Ekologie 1, Ekologie 2, Geestesweerbaarheid, Christenskap en die natuur, Praktiese omgewingsbewaring en Omgewings kreatiwiteit.


Etes

Alles rondom etes word evalueer.  Daar word vir die volgende punte toegeken:

*  Uitnodiging na ete                                                                                               *  Gaste betyds kom haal                                                 *  Bediening tydens ete                        
*  Voorkoms van kos                                                                                               *  Smaak van kos                                                               *  Gasvryheid
*  Spyskaart nagevolg                                                                                             *  Tafelversierings                                                              *  Bonus punte     


InsPEKSIE

Igloe inspeksie

Aantree: Slegs die spanleier van die span moet saam met die inspeksie offisiere stap. Die res kan buite die igloe, in rus, staan. Sodra die inspeksie afgehandel is bring die spanleier die span op aandag en tree die span uit na afloop van enkele mededelings.

Vullisblik: Dit is die blik wat groen is binne en buite. Dit word, as jy in die deur staan, regs teen die igloe muur, by die deur, geplaas

Kleretas: Dit moet regs van die kind wees as hy op sy beddegoed sit. Indien jy in die middel van die igloe staan is die tas links en die slaapgoed regs van die tas.

Matrasse: As jy in deur staan is dit aan die linkerkant. Dit moet opgestapel wees en twee kante moet haaks wees

Vensters: Al die vensters moet oop behalwe as dit reën.

Binnekant: Moet gevee en skoon wees.

Voortrekkerdrag: Moet opgehang wees, aan die beskikbare klere draad, anders netjies opgevou in die tasse.

Klere en toerusting: Geen los klere, hout of toerusting mag in die igloe wees nie, alles moet gebêre wees.

Kombuis InsPEKSIE

Stoof: Geen as buite nie. Binne mag daar vuur wees, maar as die vuur dood is, geen uitgebrande hout nie.

Kastrolle: Op ‘n potterak, as dit nie gebou is nie in die trommel.

Opwasskottel: Moet op ‘n staander wees.

Dreineringsput: Elke put moet ‘n blikkie, met gaatjies, in hê. Die blikkie moet skoon wees. Geen afal mag in of rondom die put wees nie.

Asblik: Dit is die groen blik met die blink binnekant, langs die waterhouer.

Waterhouer: Dit is die wit drom en moet half vol water wees. Regs langs die stoof

Gasbottel: Weg van die stoof, by die trommel.

Bordesakkies: Daar moet een vir elke kind wees. Die eetgerei moet skoon wees.

Vadoeke: Waarsku die kinders om nie swart gebrande potte met die vadoeke af te vee nie. Hang nat vadoeke op ‘n gespande tou.

Voorrade: Botter, melk, konfyt en ander bederfbare voedsel in die koelkas. Suiker, brood, ens. in die trommel weg van die seep en skoonmaakmiddels.

Trommel: Dit moet elke dag uitgepak en skoongemaak word. Naby die tafel.

Terrein: Geen papiere, toutjies, vuurhoutjies, ens. mag rondlê nie.

GERIEWE INSPEKSIE

Die geriewe (Tafel, Yskas, Stoof en Dreineringsput) word elke dag geinspekteer.

Die tafel, yskas en dreineringsput deksel moet stewig en volgens plan wees.  Daar moet geen los fraaiings wees nie, en netjies vertoon.

Die dreineringsput moet volgens plan gebou wees, en reg funksioneer.

Die yskas moet nat wees en nie in die son staan nie.

Die stoof moet volgens plan gebou wees en modder moet nie afdop nie.  Die stoofplaat moet skoon wees en daar moet nie enige modder op die plaat wees nie.


Spesiale Kompetisies