Kompetisiekamp

Gebiedskamp vir Gr 9 Verkenners te Doornkloof in die Vrystaat
Leer meer

ONS KAMP BEGIN OOR

12
Dae
01
Ure
52
Minute
52
Sekondes

Meer oor Kompetisiekamp

Opwindende aktiwiteite en gesonde kompetisie laat Kompies KOOK!
Daar is lekker en interessante kompetisies. Spanne kan deur die loop van die kamp punte bymekaarmaak om op die einde gekroon te word as die wenspan!

Die Kompetisies is grotendeels gegrond op die Graad 9 graadwiel werk, veldstudie, kamplewe, ens. Berei deeglik voor op die aspekte van veral touwerk en kamplewe.

Twee spesialisasies kan verwerf word: Kamplewe en Ekologie.


Wat Moet jy INpak

Aktiewe en Formele Voortrekkerdrag in kleresak
Dag klere
Warm klere
Reënjas
Hoed
Stapskoene (Waterskoene is ook handig)
Waterbottel
Slaapsak
Eetgerei
Toiletbenodigdhede
Flits
Bybel
Sangbundel
Skryfbehoeftes
Sakgeld vir koeldrank en aandenkings


WAT jy EkstrA kan inpak

Afdroogdoek
Vatdoek
Vatlappies
Een tafeldoek

Vir vuurmaak gee ons koerantpapier en vuurhoutjies. Die hout is ook volop beskikbaar. Jy mag die vuur aansteek met blits, maar moet dit self saambring.


Los dit eerder by die huis

Moet asseblief nie vooraf gemaakte kaartjies spyskaarte ens. saambring nie. Jou natuurlike inisiatief word beoordeel.
Geen radio’s, selfone, Ipods ens. Word toegelaat nie. Alle persoonlike artikels moet duidelik gemerk wees.